Die inkortingsneller <i>moet</i> en die woordeboek
Résumé
Die Afrikaanse hulpwerkwoord <i>moet</i> kan binne sekere kontekste as inkortingsneller ten opsigte van 'n saamgestelde hoofwerkwoord optree, waardeur laasgenoemde ingekort word sonder dat die semantiese inhoud van die sin verander ('n voorwaarde, trouens, van alle inkorting). Die omstandighede waaronder dit geskied, word ondersoek en leksikografiese getuienis en implikasies word bespreek.<b>Sleutelwoorde:</b> agens, bepaler, <i>dat</i>-vervatting, hoofwerkwoord, hulpwerkwoord, ingekorte sin, inkortbaar, inkorting, inkorting na links, inkortingsneller, inkortingsresultaat, kaartkorpus, leksikografie, negativering, nie-inkortbaar, saamgestelde hoofwerkwoord, sinskonteks, sintaksis, uitingsituasie, werkwoordinversieCopyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0