Afrikaans, American and British Models for South African English Lexicography: Racial Label Usage

  • M. Lynne Murphy Department of Linguistics, University of the Witwatersrand, Johannesburg, South Africa and Department of English, Baylor University, Waco, USA
Trefwoorden: leksikografie, woordeboek, definisie, sosiale etikettering, ras, rassisme, etnisiteit, engels, suid-afrika, afrikaans, benoemings, gebruiksetikette

Samenvatting

<b>Afrikaanse, Amerikaanse en Britse modelle vir die Suid-Afrikaanse Engelse leksikografie: Gebruik van rasse-etikette</b>Hierdie artikel ondersoek die hantering van rasse-etikette in eentalige Engelse woordeboeke in Suid-Afrika. As polemieke van die verlede oor rassistiese taal in Afrikaanse woordeboeke oorweeg word, sowel as die veranderende rol van Engels in demokratiese Suid-Afrika, kan verwag word dat Engelse woordeboeke in die toekoms noukeuriger ondersoek sal word vir moontlike kwetsing. Met die ontploffing in die Suid-Afrikaanse leksikografiese bedryf is dit nou die regte tyd om die betrokke vraagstukke te oordink en om handelswyses voor te stel. Hierdie artikel plaas die Suid-Afrikaanse Engelse woordeboektradisies binne 'n nasionale en internasionale konteks deur die tradisies en rolle van die onderskeie tale in die Afrikaanse, Britse en Amerikaanse leksikografiese tradisies te vergelyk. Terwyl die Suid-Afrikaanse Engelse leksikografie gewortel is in die Britse tradisie, word sy moontlike ontwikkeling volgens die Amerikaanse model aangetoon, en sodoende word die rol van die woordeboek in 'n postkoloniale gemeenskap kortliks bespreek. 
Gepubliceerd
2012-11-02
Citeerhulp
Murphy, M. L. (2012). Afrikaans, American and British Models for South African English Lexicography: Racial Label Usage. Lexikos, 7(1). https://doi.org/10.5788/7-1-977
Sectie
Beskouende artikels / Contemplative Articles