<i>Afrikaanse Spreekwoorde en Uitdrukkings</i>: 'n makrostrukturele beskouing
Trefwoorden:
spreekwoorde, vaste uitdrukkings, idiome, kollokasies, trefwoorde, teikengebruikers, bevolkingsgroepe, ander sosiale groepe, rassistiese taal, kwetsende taal, nuutskeppings, leksikografiese etikette, morfologiese aanbieding
Samenvatting
'n Beperkte sinchroniese woordeboek soos die <i>Afrikaanse Spreekwoorde en Uitdrukkings</i> het 'n belangrike rol te vervul in die moderne leksikografie waar gebruikersvriendelike naslaanbronne kommunikasie vergemaklik. Heelwat teoretiese riglyne bestaan vir die keuse van taalvorme wat in die woordeboek ingesluit moet word, en hierdie resensieartikel probeer om 'n paar rigtingwysers te verskaf. Die ondersoek betrek ook sosiolinguistiese implikasies wat volg uit die samestelling van die makrostruktuur van 'n betrokke woordeboek. Die fokuspunte is eerstens die taboes waaraan leksikograwe van Afrikaanse woordeboeke onderwerp word, en tweedens die bepaling van watter uitdrukkings binne die grens van idiomatiese taalgebruik val. Veral die hantering van idioomagtige kollokasies blyk problematies te wees. 'n Ander kwessie wat kortliks aandag sal geniet, is die morfologiese aanbieding van trefwoorde.
Gepubliceerd
2012-08-31
Citeerhulp
Beuke-Muir, C. (2012). <i>Afrikaanse Spreekwoorde en Uitdrukkings</i>: ’n makrostrukturele beskouing. Lexikos, 9(1). https://doi.org/10.5788/9-1-925
Nummer
Sectie
Resensieartikels/Review Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.