<i>Afrikaanse Spreekwoorde en Uitdrukkings</i>: 'n makrostrukturele beskouing

  • Chrisna Beuke-Muir Departement Germaanse en Romaanse Tale, Universiteit van Namibië, Windhoek, Namibië

Abstract

'n Beperkte sinchroniese woordeboek soos die <i>Afrikaanse Spreekwoorde en Uitdrukkings</i> het 'n belangrike rol te vervul in die moderne leksikografie waar gebruikersvriendelike naslaanbronne kommunikasie vergemaklik. Heelwat teoretiese riglyne bestaan vir die keuse van taalvorme wat in die woordeboek ingesluit moet word, en hierdie resensieartikel probeer om 'n paar rigtingwysers te verskaf. Die ondersoek betrek ook sosiolinguistiese implikasies wat volg uit die samestelling van die makrostruktuur van 'n betrokke woordeboek. Die fokuspunte is eerstens die taboes waaraan leksikograwe van Afrikaanse woordeboeke onderwerp word, en tweedens die bepaling van watter uitdrukkings binne die grens van idiomatiese taalgebruik val. Veral die hantering van idioomagtige kollokasies blyk problematies te wees. 'n Ander kwessie wat kortliks aandag sal geniet, is die morfologiese aanbieding van trefwoorde.
Veröffentlicht
2012-08-31
Zitationsvorschlag
Beuke-Muir, C. (2012). <i>Afrikaanse Spreekwoorde en Uitdrukkings</i&gt;: ’n makrostrukturele beskouing. Lexikos, 9(1). https://doi.org/10.5788/9-1-925
Rubrik
Resensieartikels/Review Articles