Woordeboeke en die standaardisering van spelling in Swahili

  • James S. Mdee Institute for Kiswahili Research, University of Dar es Salaam, Tanzania
Trefwoorden: standaardisering van spelling, spellingkonvensies, standaardortografie, swahilialfabet, dialektiese variasies, trefwoorde, fonetiese transkripsies, standaardtaal, spellingsisteem, niestandaardortografie, standaardiseringsproses, woordelys, leksikon en woo

Samenvatting

In hierdie artikel word die rol van die woordeboek in die standaardisering van die spelling van Swahili bespreek. Die bespreking begin met die definiëring van sleutelterme in hierdie artikel: spelling en die standaardisering van spelling. Dit gee 'n oorsig van leksikons wat tussen 1811–1990 in Swahili geskryf is en vermeld die pogings om spellingkonvensies vir Swahili woorde in Latynse letters vas te stel, terwyl spellingvariante van woorde deur verskillende outeurs uitgewys word. Die artikel fokus op die rol wat deur verskillende leksikons gespeel is om die ortografie vir Swahiliwoorde vas te stel, nl. Steere (1870), Krapf (1882), Nettelbladt (1891), Madan (1903), Sacleux (1939), ens. Dit stel vas hoe die leksikons norme vir woorde van 'n taal wat tot op daardie tydstip nie in Latynse letters geskryf is nie, vasgestel het. Dit wys ook hoe leksikons gehelp het om die spelling van woorde in hulle huidige vorm te standaardiseer, veral nadat 'n standaarddialek gekies is, met vermelding van leksikons wat slegs woorde van die standaardtaal met min variante opgeteken het. Ten slotte beklemtoon die artikel die belangrikheid daarvan dat 'n woordeboek by die standaardortografie bly.<b>Sleutelwoorde:</b> standaardisering van spelling; spellingkonvensies; standaardortografie; swahilialfabet; dialektiese variasies; trefwoorde; fonetiese transkripsies; standaardtaal; spellingsisteem; niestandaardortografie; standaardiseringsproses; woordelys; leksikon en woordeboek 
Gepubliceerd
2012-08-30
Citeerhulp
Mdee, J. S. (2012). Woordeboeke en die standaardisering van spelling in Swahili. Lexikos, 9(1). https://doi.org/10.5788/9-1-918
Sectie
Beskouende artikels / Contemplative Articles