Pharos Woordeboeke / Dictionaries 5 in 1

  • Phillip Louw Bureau of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Stellenbosch, Republic of South Africa

Abstract

In 2000 het 'n produk van Pharos verskyn wat die landskap van veral die Afrikaanse leksikografie ingrypend verander het. Pharos Woordeboeke/Dictionaries 5 in 1 (voortaan Pharos 5 in 1) bied vir die eerste maal 'n geïntegreerde digitale biblioteek van woordeboeke met Afrikaans as behandelde taal wat ook kan inskakel by 'n groter digitale biblioteek op die Logos-platform. Vir die eerste keer word daar vir die gebruiker 'n kommersieel suksesvolle vertalende woordeboek met Afrikaans en Engels as behandelde taalpaar op CD-ROM gebied, nl. Groot Woordeboek/Major Dictionary met Pharos se Nuwe Woorde/New Words en Tweetalige Frasewoordeboek/Bilingual Phrase Dictionary ter ondersteuning. Die Afrikaanse verklarende leksikografie baat ook met aanvulling vir die ELHAT wat kom in die vorm van Verklarende Afrikaanse Woordeboek. Laastens word die Groot Tesourus van Afrikaans ter afronding van die biblioteek beskikbaar gestel.
How to Cite
Louw, P. (1). Pharos Woordeboeke / Dictionaries 5 in 1. Lexikos, 11. https://doi.org/10.5788/11-0-859
Section
Resensies / Reviews