Pharos Woordeboeke / Dictionaries 5 in 1
Abstract
In 2000 het 'n produk van Pharos verskyn wat die landskap van veral die Afrikaanse leksikografie ingrypend verander het. Pharos Woordeboeke/Dictionaries 5 in 1 (voortaan Pharos 5 in 1) bied vir die eerste maal 'n geïntegreerde digitale biblioteek van woordeboeke met Afrikaans as behandelde taal wat ook kan inskakel by 'n groter digitale biblioteek op die Logos-platform. Vir die eerste keer word daar vir die gebruiker 'n kommersieel suksesvolle vertalende woordeboek met Afrikaans en Engels as behandelde taalpaar op CD-ROM gebied, nl. Groot Woordeboek/Major Dictionary met Pharos se Nuwe Woorde/New Words en Tweetalige Frasewoordeboek/Bilingual Phrase Dictionary ter ondersteuning. Die Afrikaanse verklarende leksikografie baat ook met aanvulling vir die ELHAT wat kom in die vorm van Verklarende Afrikaanse Woordeboek. Laastens word die Groot Tesourus van Afrikaans ter afronding van die biblioteek beskikbaar gestel.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0