The Need for a National Terminology Policy for South Africa
Samenvatting
Die behoefte aan 'n nasionale terminologiebeleid vir Suid-Afrika. Die taalbeleid van 'n land het 'n invloed op terminologieontwikkeling terwyl dit ook sowel die status van 'n taal as die aantal tale wat ontwikkel moet word, bepaal. Hoewel verskeie internasionale en nasionale terminologiebeleide geredelik beskikbaar is, word terminologiewerk nie tans in Suid-Afrika volgens 'n nasionale terminologiebeleid beoefen nie. Die vertrekpunt by terminologiewerk is altyd konseptueel. Dit is gevolglik belangrik om volgens 'n vakgeörienteerde terminografiebenadering terminologie te versamel. Hierdie benadering word gewoonlik saam met ander benaderings, soos taalbeplannings-, vertaalgeörienteerde, taalgemeenskaps-, prosesgeoriënteerde, funksionele en interaktiewe benaderings gebruik om die amptelike Suid-Afrikaanse tale te ontwikkel. Die hegemonie van Engels bemoeilik egter die ontwikkeling van terminologie in die ander amptelike tale. Daar is 'n gebrek aan koördinering en samewerking onder terminologiese instansies wat lei tot die duplisering van projekte. Die nasionale terminologiekantoor, dit is die Terminologiekoördineringsafdeling (TKA — in die praktyk word slegs die Engelse benaming en afkorting gebruik), Nasionale Taaldiens, Departement van Sport, Kuns en Kultuur is die hoofbegunstigde van 'n nasionale terminologiebeleid en behoort riglyne aan ander terminologiese instansies te verskaf. Die uiteindelike roete om die konsep van die nasionale terminologiebeleid te aanvaar, word verskaf. 'n Nasionale terminologiebeleid kan help om die amptelike, provinsiale en plaaslike tale in funksionele tale te ontwikkel wat in alle gebruiksfere van menslike aktiwiteit benut kan word. Sleutelwoorde: beleid, taalgemeenskapsgeörienteerde terminografiebenadering, meertalig, register, taalbeplanningsgeörienteerde terminografiebenadering, termbank, terminografie, terminologie, tweetalig, outeursreg, vakgeörienteerde terminografiebenadering, vaktaal, veeltematies, vertaalgeörienteerde terminografiebenadering
Gepubliceerd
2025-03-06
Citeerhulp
Alberts, M. (2025). The Need for a National Terminology Policy for South Africa. Lexikos, 35(1), 1-25. https://doi.org/10.5788/35-1-1976
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.