Making Lexicography Sustainable: Using ChatGPT and Reusing Data for Lexicographic Purposes

  • Pedro A. Fuertes-Olivera Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa; International Centre for Lexicography, University of Valladolid, Spain; and Centre of Excellence in Language Technology, Ordbogen A/S, Odense, Denmark

Samenvatting

Hoe om die leksikografie volhoubaar te maak: Die gebruik van ChatGPT en die hergebruik van data vir leksikografiese doeleindes. In 2014 het die Internasionale Sentrum vir Leksikografie, 'n navorsingsgroep by Valladolid, 'n kontrak vir die ontwikkeling van 'n leksikografiese projek, die sogenaamde Diccionarios Valladolid-UVa, met Ordbogen A/S ('n Deense taaltegnologiemaatskappy) en die Universiteit van Valladolid onder­teken (Fuertes-Olivera 2019, 2022a, 2022b; Fuertes-Olivera et al. 2018; Tarp en Fuertes-Olivera 2016). Elke vennoot het ongeveer €180,000 bygedra (die Internasionale Sentrum vir Leksikografie se bydrae was afkomstig van verskeie navorsingsprojekte wat deur die Spaanse Navorsingsagentskap befonds is) wat gebruik moes word in die ontwerp en samestelling van Spaanse woordeboeke (spesifiek 'n alge­mene Spaanse woordeboek, 'n Spaanse rekeningkundewoordeboek, 'n tweetalige Spaans–Engels/ Engels–Spaanse woordeboek en 'n tweetalige Spaans–Engels/Engels–Spaanse rekening­kun­dewoor­de­boek. Bogenoemde projek het verskeie resultate tot gevolg gehad, met die onlangse publi­kasie van die Diccionario Digital del Español (DIDES) as die mees relevante produk (https://diesgital.com). Binne die raamwerk van hierdie projekte verskaf dié artikel 'n algemene inleiding tot die projek (Afdeling 1), word daar verwys na die konsep van volhoubare leksikografie (Afdeling 2), en word daar aan­ge­toon dat vol­hou­bare leksikografie 'n beter begrip van leksikografiese data (Afdeling 3), toene­mende leksi­ko­gra­fiese produktiwiteit, bv., deur die skep van definisies vir KI-vertalings (Afdeling 4), en die gebruik van gene­ratiewe KI-kletsbotte soos ChatGPT in daaglikse leksikografiese take impliseer. Sleutelwoorde: ChatGPT, DeepL Translate, DICCIONARIOS VALLADOLID-UVA, lek­sikografiese produktiwiteit, volhoubare leksikografie, openbare befondsing, generatiewe KI
Gepubliceerd
2024-04-23
Citeerhulp
Fuertes-Olivera, P. A. (2024). Making Lexicography Sustainable: Using ChatGPT and Reusing Data for Lexicographic Purposes. Lexikos, 34(1), 123-140. https://doi.org/10.5788/34-1-1883
Sectie
Artikels/Articles