C. Louis Leipoldt se bydrae tot die materiaalversameling van J.J. Smith se Afrikaanse standaardwoordeboek
Samenvatting
Die vriendskap tussen Smith en Leipoldt het gedurende hul studiejare in Londen ontstaan. Dit het daartoe gelei dat Leipoldt van sy gedigte aan Smith gewys het. Oom Gert vertel en ander gedigte met 'n inleiding deur Smith was die eerste bundel deur Leipoldt. Daaropvolgende bundels van hom is deur Smith taalkundig versorg. J.C. Kannemeyer skryf uitvoerig hieroor in sy biografie van Leipoldt. Toe Smith begin het met die materiaalversameling vir die Afrikaanse standaardwoordeboek, het Leipoldt op 'n kleiner skaal bydraes gelewer deur die verduideliking van plant- en diername, en volksmedisyne. Hierdie artikel bespreek 'n verteenwoordigende versameling van hierdie materiaal ten opsigte van aard, werkwyse, e.s.m. Sleutelwoorde: Afrikaanse standaardwoordeboek, plantname, diername, volksmedisyne
Gepubliceerd
2022-12-07
Citeerhulp
du Plessis, J. (2022). C. Louis Leipoldt se bydrae tot die materiaalversameling van J.J. Smith se Afrikaanse standaardwoordeboek. Lexikos, 32(3), 78-94. https://doi.org/10.5788/32-3-1732
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.