C. Louis Leipoldt se bydrae tot die materiaalversameling van J.J. Smith se Afrikaanse standaardwoordeboek
Abstract
Die vriendskap tussen Smith en Leipoldt het gedurende hul studiejare in Londen ontstaan. Dit het daartoe gelei dat Leipoldt van sy gedigte aan Smith gewys het. Oom Gert vertel en ander gedigte met 'n inleiding deur Smith was die eerste bundel deur Leipoldt. Daaropvolgende bundels van hom is deur Smith taalkundig versorg. J.C. Kannemeyer skryf uitvoerig hieroor in sy biografie van Leipoldt. Toe Smith begin het met die materiaalversameling vir die Afrikaanse standaardwoordeboek, het Leipoldt op 'n kleiner skaal bydraes gelewer deur die verduideliking van plant- en diername, en volksmedisyne. Hierdie artikel bespreek 'n verteenwoordigende versameling van hierdie materiaal ten opsigte van aard, werkwyse, e.s.m. Sleutelwoorde: Afrikaanse standaardwoordeboek, plantname, diername, volksmedisyneCopyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0