After the Digital Revolution: Dictionary Preferences of English Majors at a European University
Samenvatting
Ná die digitale revolusie: Woordeboekvoorkeure van studente met Engels as hoofvak aan 'n Europese universiteit. In hierdie bydrae word verslag gelewer oor 'n onlangse opname van woordeboekraadplegingsgewoontes en -voorkeure van universiteitstudente met Engels as hoofvak aan 'n Eurpese universiteit. Inligting wat o.a. ondersoek is, is die keuse tussen digitale aanlyn woordeboeke en tradisioneel gedrukte woordeboeke, asook 'n aantal ander kwessies van belang vir leksikograwe en opvoeders. Daar is bevind dat aanlyn woordeboeke byna die tradisionele papierwoordeboek vervang het, wat daarop dui dat die digitale revolusie in die leksikografie, soos voorspel deur Lew en De Schryver (2014), voltooi is. 'n Positiewe bevinding wat gemaak is, dui daarop dat studente woordeboeke verkies wat hoog aangeskrewe word deur kundiges. Hierdie artikel word afgesluit met 'n aantal pedagogiese voorstelle. Sleutelwoorde: Engels, leksikale inligting, leksikografie, woordeboekgebruik, digitale geletterdheid, aanlyn woordeboek
Gepubliceerd
2022-10-10
Citeerhulp
Ptasznik, B. (2022). After the Digital Revolution: Dictionary Preferences of English Majors at a European University. Lexikos, 32(1), 220-249. https://doi.org/10.5788/32-1-1721
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.