Teksgebaseerde tesourusgebruik in 'n Afrikaanse taalonderrigkonteks

  • Michele F. van der Merwe Departement Kurrikulumstudie: Afrikaans, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch

Samenvatting

Die onderwerp van die artikel is die ontsluitingsmoontlikhede van tesourus­gebruik in 'n Afrikaanse taalonderrigkonteks in die skoolklaskamer. Die tesourus is een van die oudste naslaanwerke in die geskiedenis van leksikografie; tog word dit nie in die aantal navor­sings­artikels rakende die onderwerp gereflekteer nie. 'n Tesourus blyk nie 'n algemene fokuspunt van leksikografiese navorsing of opvoedkundige leksikografiese navorsing te wees nie. In 'n poging om die gaping in die literatuur te oorbrug, word daar oor die doel en leksikografiese funk­sie van 'n tesourus besin, veral in 'n taalonderrigkonteks. Die taalonderrigkonteks word vervolgens belig met verwysing na voorgestelde tesourusgebruik in skoolkurrikuladokumente, aangesien dit rigtinggewend is vir onderrigraamwerke in skole. Teksgebaseerde tesourusgebruik in die taal­onder­rig­konteks word aanbeveel en gemotiveer teen die agtergrond van 'n ondersoek na 'n tesou­rus en tema­tiese woordeboekafdelings. Aanbevelings vir enkele verbeterings tot leksikografiese pro­dukte word vanuit 'n opvoedkundige leksikografiese perspektief gemaak ten einde optimale gebruik van 'n tesourus in 'n taalonderrigkonteks te verseker. Sleutelwoorde: tesourus, teksgebaseerd, taalonderrigkonteks, woorde­boek­funksie, opvoedkundige leksikografie, sinoniem, semantiese verhou­ding, woordeskatuitbreiding, woordeskatbenoeming, taalvariant
Gepubliceerd
2022-08-26
Citeerhulp
van der Merwe, M. F. (2022). Teksgebaseerde tesourusgebruik in ’n Afrikaanse taalonderrigkonteks. Lexikos, 32(1), 180-199. https://doi.org/10.5788/32-1-1715
Sectie
Artikels/Articles