Teksgebaseerde tesourusgebruik in 'n Afrikaanse taalonderrigkonteks
Résumé
Die onderwerp van die artikel is die ontsluitingsmoontlikhede van tesourusgebruik in 'n Afrikaanse taalonderrigkonteks in die skoolklaskamer. Die tesourus is een van die oudste naslaanwerke in die geskiedenis van leksikografie; tog word dit nie in die aantal navorsingsartikels rakende die onderwerp gereflekteer nie. 'n Tesourus blyk nie 'n algemene fokuspunt van leksikografiese navorsing of opvoedkundige leksikografiese navorsing te wees nie. In 'n poging om die gaping in die literatuur te oorbrug, word daar oor die doel en leksikografiese funksie van 'n tesourus besin, veral in 'n taalonderrigkonteks. Die taalonderrigkonteks word vervolgens belig met verwysing na voorgestelde tesourusgebruik in skoolkurrikuladokumente, aangesien dit rigtinggewend is vir onderrigraamwerke in skole. Teksgebaseerde tesourusgebruik in die taalonderrigkonteks word aanbeveel en gemotiveer teen die agtergrond van 'n ondersoek na 'n tesourus en tematiese woordeboekafdelings. Aanbevelings vir enkele verbeterings tot leksikografiese produkte word vanuit 'n opvoedkundige leksikografiese perspektief gemaak ten einde optimale gebruik van 'n tesourus in 'n taalonderrigkonteks te verseker. Sleutelwoorde: tesourus, teksgebaseerd, taalonderrigkonteks, woordeboekfunksie, opvoedkundige leksikografie, sinoniem, semantiese verhouding, woordeskatuitbreiding, woordeskatbenoeming, taalvariantCopyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0