Problems in Defining Ethnicity Terms in Dictionaries

  • Dragica Žugić Faculty of Philology, University of Donja Gorica, Pdgorica, Montenegro
  • Milica Vuković-Stamatović Faculty of Philology, University of Montenegro, Nikšić, Montenegro
Trefwoorden: etniese terme, etniesverwante terme, woordeboeke, etikette

Samenvatting

Probleme met die definiëring van etniese terme in woordeboeke.Ondanks die feit dat leksikograwe in die definiëring van sosiaal-sensitiewe terme toenemend versigtigheid aan die dag lê, word hier aangevoer dat etniese terme steeds redelik swak gedefinieer is. In 'n aantal aanlyn eentalige woordeboeke wat ons in hierdie studie ondersoek het, vind ons dat etniese terme oor die algemeen simplisties gedefinieer word, meestal in terme van geografie en burgerskap, en ons redeneer dat hierdie definisies té reduksionisties en soms selfs foutief is. Dit het ook geblyk dat sommige neerhalende etniese terme in sommige van die woordeboeke wat ondersoek is nie as sodanig geëttiketteer is nie. Ons lê ook 'n gevallestudie uit Montenegro voor, waarin 'n woordeboek van die nasionale akademie van wetenskappe weens 'n paar etniese en etniesverwante terme onmiddellik onttrek is ná die geweldadige protes van twee etniese minderhede in Montenegro wat ontevrede was met die manier waarop hul etnisiteite in die woordeboek gedefinieer en hanteer is. Gegrond op ons ondersoek en die vroeëre bevindings uit die literatuur, stel ons voor dat internasionale woordeboeke 'n gestandaardiseerde model vir die definiëring van etniese terme volg wat ook sal verwys na die kultuur en moontlik taal van 'n etniese groep, en wat so inklusief moontlik sal wees. Ons beveel ook aan dat redakteurs en leksikograwe van nasionale woordeboeke besondere aandag skenk aan die manier waarop hulle die etniese terme rakende minderhede wat in hul land of streek woon, definieer deur 'n kombinasie van 'n gestandaardiseerde en deels aangepaste benadering te volg waarin die spesifieke eienskappe van die minderhede in ag geneem sal word.
Gepubliceerd
2021-07-01
Citeerhulp
Žugić, D., & Vuković-Stamatović, M. (2021). Problems in Defining Ethnicity Terms in Dictionaries. Lexikos, 31(1), 177-194. https://doi.org/10.5788/31-1-1635
Sectie
Artikels/Articles