A Survey of Indonesian Students' Use of Dictionaries

  • Fallianda Fallianda English Department, Faculty of Humanities, Airlangga University, Surabaya, Indonesia
Trefwoorden: woordeboekbewustheid, woordeboekgebruik, Indonesiese universiteitstudente, vaardigheidsvlakke, vraelys, profiel van woordeboekgebruikers

Samenvatting

'n Opname van Indonesiese studente se gebruik van woordeboeke.In hierdie artikel word beoog om die profiel van Indonesiese sprekers as woordeboekgebruikers met behulp van vraelysgebaseerde navorsing te definieer. Die vraelys is gegee aan universiteitstudente wat Engels as vreemde taal bestudeer. Die studente kan volgens vaardigheid in Engels in twee groepe verdeel word, nl. dié met pre-intermediêre en dié met intermediêre vaardigheidsvlakke. Hulle het die opdrag gekry om die vraelys te voltooi. Die studente moet o.a. verslag doen oor hul frekwensie van woordeboekgebruik, woordeboekkeuses en -waardebepaling, en behoefte aan woordeboekinligting. Die bevindings het bevestig dat albei groepe studente (pre-intermediêr en intermediêr) meer dikwels tweetalige woordeboeke as eentalige woordeboeke gebruik. Die twee groepe maak geen onderskeid by die evaluering van verskillende woordeboektipes nie aangesien hulle tweetalige woordeboeke as net so goed as eentalige woordeboeke beskou. Die verkrygde data bied insig in die studente se bewustheid en kennis van verskillende woordeboektipes in die Indonesiese leksikografiese konteks.
Gepubliceerd
2020-11-14
Citeerhulp
Fallianda, F. (2020). A Survey of Indonesian Students’ Use of Dictionaries. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1607
Sectie
Leksiko-opname / Lexicosurvey