Towards Accuracy: A Model for the Analysis of Typographical Errors in Specialised Bilingual Dictionaries. Two Case Studies

  • Santiago Rodríguez-Rubio Linguist, Seville, Spain
  • Nuria Fernández-Quesada Department of Philology and Translation, Pablo de Olavide University, Seville, Spain
Trefwoorden: datatoegang, Engels vir Spesifieke Doeleindes (ESD), nie-woord-fout, ware woord-fout, Spaanse tweetalige p-leksikografie, opsporing van tipografiese foute

Samenvatting

Op weg na akkuraatheid: 'n Model vir die analise van tipografiese foute in gespesialiseerde tweetalige woordeboeke. Twee gevallestudies. In hierdie artikel word die resultate van navorsing oor tipografiese foutanalise in twee gespesialiseerde tweetalige gedrukte woordeboeke voorgestel: Diccionario de términos económicos, financieros y comerciales/A Dictionary of Economic, Financial and Commercial Terms (Ariel, 2012), en Diccionario de términos jurídicos/A Dictionary of Legal Terms (Ariel, 2012). 'n Foutmodel beskryf gelyksoortige foute asook foute wat intratekstueel en intertekstueel herhaal word. Die foutfrekwensie in A Dictionary of Economic, Financial and Commercial Terms is hoër as die gemiddelde foutfrekwensie in 'n verwysingskorpus van veertien woordeboeke (hoofsaaklik eerste uitgawes). Dit dui daarop dat opeenvolgende uitgawes nie altyd 'n hoër vlak van formele korrektheid waarborg nie. Ons resultate toon ook aan dat 'n hoë frekwensie foute nie noodwendig 'n hoë intratekstuele foutherhalingsyfer tot gevolg het nie. Daarteenoor het ons vasgestel dat daar 'n verband tussen tipografiese foute en die toeganklikheidsfunksie in woordeboeke bestaan aangesien hierdie tipe foute toegang tot akkurate leksikografiese inligting en data-onttrekking (veral wanneer hulle in lemmas of sublemmas voorkom) kan belemmer.

Biografie auteur

Santiago Rodríguez-Rubio, Linguist, Seville, Spain
Gepubliceerd
2020-11-06
Citeerhulp
Rodríguez-Rubio, S., & Fernández-Quesada, N. (2020). Towards Accuracy: A Model for the Analysis of Typographical Errors in Specialised Bilingual Dictionaries. Two Case Studies. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1606
Sectie
Artikels/Articles