Lexicographic Treatment of Zero Equivalence in isiZulu Dictionaries

  • D.J. Prinsloo Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
  • Nompumelelo Zondi Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: leksikografie, tweetalige woordeboeke, ekwivalensie, vertaalekwivalente, zero-ekwivalensie, leksikale gapings, referensiële gapings, isiZulu, betekenisomskrywing, surrogaatekwivalente

Samenvatting

Leksikografiese bewerking van zero-ekwivalensie in isiZulu woordeboeke. Een van die hooftake van samestellers van tweetalige woordeboeke is om geskikte vertaalekwivalente vir brontaal-lemmas in die doeltaal te vind. Daar kan verwag word dat 'n mens in 'n groot mate volle ekwivalensie of ten minste gedeeltelike ekwivalente in die doeltaal sal vind, en dat daar moontlik nie baie gevalle sal wees waar sulke vertaalekwivalente nie beskikbaar is nie. Gewoonlik word eerste gedink aan gewone woorde soos tafel, stoel, man, vrou en is dit waarskynlik dat hulle ekwivalente in die doeltaal sal hê. Hierdie artikel fokus op leksikale en verwysingsgapings tussen Engels en isiZulu en hulle bewerking in papierwoordeboeke vir Engels en isiZulu. Die doel is om vas te stel tot watter mate geskikte vertaalekwivalente beskikbaar is vir Engelse en isiZulu lemmas en wat die aard, omvang en behandelingstrategieë is in gevalle waar sulke ekwivalente nie beskikbaar is nie. Daar sal aangetoon word dat die omvang van zero-ekwivalensie vir hierdie taalpaar veel groter is as wat in die algemene literatuur verwag word oor zero-ekwivalente vir beide leksikale en verwysingsgapings. In sommige gevalle is 'n spesifieke begrip in die doeltaal bekend, maar die doeltaal het geen woord daarvoor nie, maar in baie gevalle is die begrip self onbekend in die doeltaal, wat impliseer dat die taal ook nie 'n woord vir so 'n begrip sal hê nie.

Biografie auteur

D.J. Prinsloo, Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Gepubliceerd
2020-11-04
Citeerhulp
Prinsloo, D., & Zondi, N. (2020). Lexicographic Treatment of Zero Equivalence in isiZulu Dictionaries. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1605
Sectie
Artikels/Articles