Normative Labels in Two Lexicographic Traditions: A Slovene–English Case Study

  • Marjeta Vrbinc Faculty of Arts, University of Ljubljana, Slovenia
  • Danko Šipka School for International Letters and Cultures, Arizona State University, Tempe Campus, USA
  • Alenka Vrbinc School of Economics and Business, University of Ljubljana, Slovenia
Trefwoorden: algemene eentalige woordeboek, preskriptiwiteit, normatiwiteit, deskriptiwiteit, normatiewe etikette, primêre uitsluitingsetikette, sekondêre uitsluitingsetikette, gebruik van etikette, bruikbaarheid van etikette, (on)geëtiketteerde inskrywings

Samenvatting

Normatiewe etikette in twee leksikografiese tradisies: 'n Sloweens–Engelse gevallestudie.In hierdie artikel word die bevindings van 'n studie wat uitgevoer is op gebruikers van eentalige Sloweense en Amerikaanse woordeboeke voorgelê en bespreek. Die doel van die artikel was om te bepaal hoe moedertaalsprekers van Sloweens en Amerikaanse Engels sekere normatiewe etikette in eentalige woordeboeke interpreteer. Die data is verkry deur vraelyste te ontwikkel wat die ingesteldheid van gebruikers van eentalige woordeboeke teenoor normatiewe etikette en die effek daarvan op woordeboekgebruikers belig. Die resultate dui daarop dat 'n hoër vlak van preskriptiwiteit in die Sloweense taalkundige kultuur waargeneem word in die Sloweense respondente se begrip van die etikette (byvoorbeeld, 'n sterker invloed van die normatiewe etikette, 'n groter goedkeuring van die stelling oor die bruikbaarheid van die etikette, 'n aansienlik laer algemene aannamevlak by die standaardtaal) wanneer dit vergelyk word met die persepsie van die Amerikaanse respondente, aangesien die Amerikaanse taalkundige kultuur geneig is om meer deskriptief te wees. Gebruikers soek egter dikwels in woordeboeke antwoorde op hul taalkundige vrae, wat daarop dui dat hulle ten minste 'n sekere graad van normatiwiteit verwag. Aangesien albei benaderings die gebruikers beïnvloed, moet daar 'n balans tussen deskriptiewe en preskriptiewe benaderings gevind word.

Biografieën auteurs

Marjeta Vrbinc, Faculty of Arts, University of Ljubljana, Slovenia
Danko Šipka, School for International Letters and Cultures, Arizona State University, Tempe Campus, USA
Gepubliceerd
2020-10-30
Citeerhulp
Vrbinc, M., Šipka, D., & Vrbinc, A. (2020). Normative Labels in Two Lexicographic Traditions: A Slovene–English Case Study. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1604
Sectie
Artikels/Articles