Exploring the Documentation and Preservation of African Indigenous Knowledge in a Digital Lexical Database

  • Sonja E. Bosch Department of African Languages, University of South Africa, Pretoria, South Africa
  • Marissa Griesel Department of African Languages, University of South Africa, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: African Wordnet, digitale leksikale databasis, inheemse kennis, Zoeloe, tradisionele huishoudelike gereedskap, semantiese verhoudings, leksikale gapings, leksikalisering

Samenvatting

Ondersoek na die dokumentasie en bewaring van inheemse kennis uit Afrika in 'n digitale leksikale databasis. Die digitale era maak dit toenemend moontlik om die grense wat gedrukte leksikografiese hulpbronne stel te oorskry deurdat e-hulpbronne die beperkings op grootte en tipe inligting wat ingesluit kan word, fasiliteer. In hierdie artikel ondersoek ons innoverende maniere om inheemse kennis uit Afrika, wat dikwels onderverteenwoordig is in tradisionele woordeboeke, in 'n bestaande digitale leksikale databasis te dokumenteer en te preserveer. Ons aanslag word op die uitbreiding van die African Wordnet, 'n leksikale databasis wat tans vir nege Afrika-tale ontwikkel word, gebaseer en in hierdie geval op Zoeloe van toepassing gemaak. Die artikel spreek die uitdagings wat die konsolidasie van inheemse kennis uit 'n verskeidenheid bronne soos konvensionele woordeboeke, interdissiplinêre publikasies en 'n aanlyn databasis met 'n plat struktuur in 'n digitale, hiërargiese woordnetstruktuur inhou. 'n Verteenwoordigende uittreksel van tradisionele huishoudelike gereedskap in die Zoeloe kultuur word as voorbeeld gebruik om te demonstreer hoe konsepte tot 'n stel semantiese verhoudings in 'n woordnetstruktuur omgeskakel kan word. Deur daarop te fokus om die leksikale gapings tussen Zoeloe en Engels soos dit in die Princeton WordNet vervat is, met relevante kulturele konsepte te vul, word die African Wordnet ook 'n nuttige hulpbron vir natuurliketaalprosessering. Laastens word aangedui hoe die hiërargiese klassifikasie van geselekteerde huishoudelike gereedskap visueel in woordnetgrafieke in die WordnetLoom koppelvlak voorgestel kan word.

Biografie auteur

Sonja E. Bosch, Department of African Languages, University of South Africa, Pretoria, South Africa
Gepubliceerd
2020-10-29
Citeerhulp
Bosch, S. E., & Griesel, M. (2020). Exploring the Documentation and Preservation of African Indigenous Knowledge in a Digital Lexical Database. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1603
Sectie
Artikels/Articles