Access Routes to BODY PART Multiword Expressions in the 'Big Five' MELDs: Use of Hyperlinks

  • Sylwia Wojciechowska Faculty of English, Adam Mickiewicz University, Poznań, Poland
Trefwoorden: eentalige Engelse aanleerderswoordeboeke, meerwoordige uitdrukkings, metonomie, kognitiewe leksikografie, toegangsroetes, aanlyn woordeboeke

Samenvatting

Toegangsroetes na meerwoordige LIGGAAMSDEEL-uitdrukkings in die 'Groot Vyf' MELDs: Die gebruik van hiperskakels. Alhoewel die beduidende rol van fraseologie sedert die ontstaan van die korpuslinguistiek beklemtoon is, het die hantering van meerwoordige uitdrukkings (MWU's) in woordeboeke nog nie baie aandag in die metaleksikografie geniet nie. Hierdie artikel het die analise van die leksikografiese voorstelling van semanties verwante MWU's, wat die name van liggaamsdele bevat, ten doel. Die navorsing fokus op toegangsroetes na hierdie MWU's in die "Groot Vyf" aanlyn eentalige Engelse aanleerderswoordeboeke (MELDs). Die voorkoms en ligging van aaneengeskakelde MWU's op die bladsy waarop die liggaamsdeel-trefwoord voorkom, word ondersoek om sodoende te bepaal of hulle afhanklik is van 'n gegewe MWU en of hulle woordeboekspesifiek is. Dubbel- of veelvoudige hiperskakels van dieselfde MWU kom dikwels binne 'n enkele liggaamsdeel-inskrywing voor, en die verskillende toegangsroetes word met die oog op die aanbied van 'n meer homogene voorstelling van aaneengeskakelde verwante MWU's geëvalueer.

Biografie auteur

Sylwia Wojciechowska, Faculty of English, Adam Mickiewicz University, Poznań, Poland
Gepubliceerd
2020-10-29
Citeerhulp
Wojciechowska, S. (2020). Access Routes to BODY PART Multiword Expressions in the ’Big Five’ MELDs: Use of Hyperlinks. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1602
Sectie
Artikels/Articles