An Overview of English Dictionaries of Abbreviations

  • Mojca Kompara Lukančič Faculty of Criminal Justice and Security and Faculty of Tourism, University of Maribor, Slovenia (mojca.kompara@gmail.com) (mojca.kompara@um.si)
Trefwoorden: afkortings, leksikografie, woordeboek, Engels, Sloweens, taal, Engelse afkortingswoordeboeke, woordeboeksamestelling, aanlyn woordeboek, mikrostruktuur, makrostruktuur

Samenvatting

'n Oorsig van Engelse afkortingswoordeboeke.Hierdie artikel bespreek die stand van gespesialiseerde Engelse afkortingswoordeboeke. Spesiale aandag word aan die makro- en mikrostruktuur van Engelse afkortingswoordeboeke geskenk en huidige beskikbare aanlyn bronne vir gebruikers word voorgestel. Die mikro- en makrostruktuur van sewentien Engelse afkortingswoordeboeke, met algemene sowel as taalspesifieke woordeboeke daarby ingesluit, asook drie aanlyn algemene afkortingswoordeboeke word met mekaar vergelyk. In hierdie artikel word ook twee eietydse aanlyn pogings, nl. Slovarček krajšav (Kompara Lukančič 2006) en Slovar krajšav (Kompara Lukančič 2011), voorgestel. Daar word daarop gewys dat die tradisionele leksikografie, veral die gerigtheid op die skep van funksionele en gedetailleerde inskrywings, versoen moet word met moderne leksikografiese benaderings wat gefokus is op die uitbreiding van die aantal inskrywings en op konstante ontwikkeling en hersiening van 'n woordeboek soos nuwe afkortings geleidelik bygevoeg word. Die kombinasie van tradisionele en moderne benaderings kan 'n hulpbron skep wat gebruikers die nodigste het — naamlik, 'n eietydse afkortingswoordeboek.
Gepubliceerd
2020-10-28
Citeerhulp
Kompara Lukančič, M. (2020). An Overview of English Dictionaries of Abbreviations. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1601
Sectie
Artikels/Articles