Reference Skills or Human-Centered Design: Towards a New Lexicographical Culture

  • Sven Tarp Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, South Africa; Centre for Lexicographical Studies, Guangdong University of Foreign Studies, China; International Centre for Lexicography, Universidad de Valladolid, Spain; and Centre for Lexicography, University of Aarhus, Denmark
  • Rufus Gouws Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, South Africa
Trefwoorden: naslaanvaardighede, woordeboekkultuur, leksikograwe se verantwoordelikheid, mensgerigte ontwerp, intuïtiewe gebruik, beskikbaarhede, aanduiders, terugvoering, interdissiplinêre samewerking, nuwe leksikografiese kultuur

Samenvatting

Naslaanvaardighede of mensgerigte ontwerp: Op pad na 'n nuwe leksikografiese kultuur. Hierdie artikel handel oor die ontwerp van digitale leksikografiese produkte. Dit stel die filosofie van mensgerigte ontwerp bekend, soos uiteengesit in die werk van Don Norman, en bespreek sentrale ontwerpsbegrippe soos beskikbaarhede, aanduiders, terugvoering en ander vorme van goeie kommunikasie tussen leksikograaf en gebruiker. Die suksesvolle gebruik van tradisionele woordeboeke het dikwels berus op die vermeende naslaanvaardighede van die veronderstelde teikengebruikersgroep. Veral in gedrukte woordeboeke met hulle ruimtebeperkings het leksikograwe verdigte inskrywings, afkortings en verskillende tipes struktuurmerkers gebruik om ruimte te spaar. Dit was dikwels tot die nadeel van die gebruiker wat moes sukkel om die nodige inligting aan die aangebode data te onttrek. Die aanlyn omgewing het nuwe moontlikhede vir leksikograwe geskep om hulle gebruikers op 'n baie beter manier by te staan. Met behulp van beginsels van mensgerigte ontwerp, soos uiteengesit in die werk van Don Norman, bespreek hierdie artikel die inwerkingstelling van die toepassing van sommige van hierdie benaderings in bestaande aanlyn woordeboeke. Deur verder as tradisionele aanlyn woordeoeke te kyk, word voorbeelde uit geïntegreerde e-leeswoordeboeke en leksikografies ondersteunde skryfhulpe geneem waar nog sterker mensgerigte ontwerpskenmerke m.b.t onderskeidelik teksresepsie- en teksproduksiehulp na vore tree. Waar die oorspronklike begrip van 'n woordeboekkultuur primêr berus het op die naslaanvaardighede van die gebruiker word 'n nuwe leksikografiese kultuur voorgestel wat op mensgerigte ontwerpsbeginsels steun. Dit plaas die verantwoordelikheid op die skouers van die leksikograaf om leksikografiese produkte te ontwerp wat intuïtiewe gebruik moontlik maak en verbeterde leksikografiese sukses verseker.

Biografie auteur

Rufus Gouws, Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, South Africa
Gepubliceerd
2020-10-22
Citeerhulp
Tarp, S., & Gouws, R. (2020). Reference Skills or Human-Centered Design: Towards a New Lexicographical Culture. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1600
Sectie
Artikels/Articles