Integrating Terminological Resources in Dictionary Portals: The Case of the <i>Diccionarios Valladolid-UVa</i>

  • Pedro A. Fuertes-Olivera Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa and International Centre for Lexicography, Universidad de Valladolid, Valladolid, Spain
  • M.A. Esandi-Baztan Department of Materials Science and Metallurgical Engineering, Graphic Expression in Engineering, Cartographic Engineering, Geodesy and Photogrammetry, Mechanical Engineering and Manufacturing Process Engineering, Universidad de Valladolid, Spain
Trefwoorden: woordeboekportaal, aanlyn woordeboeke, definisie, Engels, Spaans, konvergensie van terminologie en leksikografie, KI-tegnologie

Samenvatting

Die integrasie van terminologiese hulpbronne in woordeboekportale: Die geval van die Diccionarios Valladolid-UVa.In hierdie artikel word die konvergensie van terminologie en leksikografie bepleit, en hierdie siening word geïllustreer deur sommige van die stappe vir die inkorporering van terminologiese hulpbronne en idees in 'n aanlyn woordeboekportaal wat by die Universiteit van Vallodolid (Spanje) saamgestel word, voor te lê. Hierdie woordeboekportaal bevat verskeie woordeboektipes, is deur dieselfde span ontwerp en word vanuit dieselfde teoretiese perspektief saamgestel, ongeag of sommige van die leksikale items wat ingesluit word as "leksikografies" beskou word, m.a.w. verwant aan algemene taaluitdrukkings, of as "terminologies", m.a.w. verwant aan terme. Benewens die hantering van sekere basiese woordeboekportaalbeginsels, beskryf die artikel ook 'n ad-hoc-tipologie van definisies wat hoofsaaklik om twee redes geskep is. Eerstens vergemaklik dit die samestellingsproses en maak dit ook eenvormiger en makliker om te sistematiseer. Sodoende word die pogings van verskillende mense op verskillende plekke en tye gefasiliteer. Tweedens sal hierdie definisies as bron dien vir die Spaans–Engelse Write Assistant, 'n kommersieelgedrewe taalhulpmiddel wat gebruik maak van 'n taalmodule wat op statistiek berus en wat Kunsmatige Intelligensie (KI)-tegnologie, bv. masjienleer en neurale netwerke, inspan vir die skep van patrone. Ons het bevind dat presiese definisies, soortgelyk aan terminologiese (m.a.w. ensiklopediese) definisies, vir die meeste lemmas die funksies van die hulpmiddels uitbrei. Sulke definisies bied 'n heeltemal ander blik op bestaande eentalig Spaanse en tweetalig Spaans–Engelse woordeboeke.

Biografieën auteurs

Pedro A. Fuertes-Olivera, Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa and International Centre for Lexicography, Universidad de Valladolid, Valladolid, Spain
M.A. Esandi-Baztan, Department of Materials Science and Metallurgical Engineering, Graphic Expression in Engineering, Cartographic Engineering, Geodesy and Photogrammetry, Mechanical Engineering and Manufacturing Process Engineering, Universidad de Valladolid, Spain
Gepubliceerd
2020-10-21
Citeerhulp
Fuertes-Olivera, P. A., & Esandi-Baztan, M. (2020). Integrating Terminological Resources in Dictionary Portals: The Case of the <i>Diccionarios Valladolid-UVa</i&gt;. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1598
Sectie
Artikels/Articles