Teaching Lexicography as a University Course: Theoretical, Practical and Critical Considerations

  • Tvrtko Prćić Department of English, Faculty of Philosophy, University of Novi Sad, Serbia
Trefwoorden: die leksikografie as universiteitskursus, die onderrig van leksikografie, EVT-universiteitstudente, teoretiese oorwegings, ontwerp van die kursus, praktiese oorwegings, implementering van die kursus, kritiese oorwegings, evaluering van die kursus

Samenvatting

Die onderrig van leksikografie as universiteitskursus: Teoretiese, praktiese en kritiese oorwegings.In hierdie artikel word verslag gelewer oor 'n universiteitskursus in die leksikografie wat spesiaal ontwerp is vir gevorderde EVT-studente. Die bespreking en gepaardgaande materiaal spruit uit die outeur se ervaring van ongeveer vyftien jaar in die ontwikkeling en onderrig van hierdie kursus. Die doel met die artikel is tweevoudig: eerstens, om die aandag daarop te vestig dat die leksikografie vandag nie meer net die "art and craft" van woordeboekmaak van die verlede is nie, maar 'n volledig toegepaste linguistiese dissipline met 'n eie teorie, metodologie en praktyk, waarvan gedeeltes onderrig kan word as 'n toegewyde akademiese vak; en tweedens, om die onderrig van die praktiese en teoretiese leksikografie by universiteitstudente met behulp van konkrete voorstelle te bevorder. Die uiteensetting wat in in vyf dele verdeel is, is as volg: Afdeling 1 bevat 'n paar inleidende opmerkings, insluitende dié oor die wetenskaplike status van die leksikografie; Afdeling 2 beskou teoretiese aspekte rondom die ontwerp van die kursus; Afdeling 3 beskryf die praktiese aspekte rondom die implementering van die kursus; Afdeling 4 ondersoek die kritiese aspekte rakende die evaluering van die kursus; en Afdeling 5 som die belangrikste argumente van die artikel op en voorspel toekomstige veranderings aan die kursus.

Biografie auteur

Tvrtko Prćić, Department of English, Faculty of Philosophy, University of Novi Sad, Serbia
Gepubliceerd
2020-10-09
Citeerhulp
Prćić, T. (2020). Teaching Lexicography as a University Course: Theoretical, Practical and Critical Considerations. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1597
Sectie
Artikels/Articles