Selecting an Initial Lemma List in Specialized Lexicography: A Case Study in the Field of Graphic Engineering

  • M.A. Esandi-Baztan Department of Materials Science and Metallurgical Engineering, Graphic Expression in Engineering, Cartographic Engineering, Geodesy and Photogrammetry, Mechanical Engineering and Manufacturing Process Engineering, Universidad de Valladolid, Spain
  • Pedro A. Fuertes-Olivera Department of Afrikaans and Dutch, University of Stellenbosch, South Africa and International Centre for Lexicography, Universidad de Valladolid, Valladolid, Spain
Trefwoorden: gespesialiseerde leksikografie, funksionele aanlyn woordeboek, Delphi-metode, gebruikersbehoeftes, gesaghebbende konsensus, grafiese ingenieurswese, waargenome moeilikheidsgraad van konsepte, voorafkennis

Samenvatting

Die selektering van 'n aanvanklike lemmalys in gespesialiseerde leksikografie: 'n Gevallestudie in die veld van die grafiese ingenieurswese.Gespesialiseerde leksikografie in die grafiese ingenieurswese het nog nooit oor 'n hulpmiddel in woordeboekformaat wat kennisverwerwing vir studente vergemaklik asook hul spesifieke leksikografiese behoeftes binne 'n tegniese konteks op universiteitsvlak bevredig, beskik nie. Hierdie artikel bied 'n aanvanklike lemmalys vir 'n Spaanse woordeboek in die veld van die grafiese ingenieurswese aan. Die Delphi-metode is gebruik om gesaghebbende konsensus in hierdie area te verseker. Daarbenewens is twee gelykstaande professionele opnames deur 'n kundige uitgevoer en deur kundiges bekragtig. Die fundamentele konsepte is oorweeg, óf weens die uitdagings wat hulle verteenwoordig, óf weens hul belangrikheid binne ons kennisveld waarvoor ingenieursdokumente en tegniese standaarde met tegniese grafiese elemente aangewend is. Studente het aan die proses deelgeneem om sodoende ooreenkomste en verskille tussen beide groepe deelnemers in aanmerking te neem. Hierdie artikel sluit enersyds af met 'n finale lys aanvaarde konsepte en andersyds met 'n lys addisionele vae konsepte wat woordeboekgebruikers se behoeftes sou kon bevredig en die ontstaan van 'n funksionele aanlyn woordeboek sou kon vorm.

Biografie auteur

M.A. Esandi-Baztan, Department of Materials Science and Metallurgical Engineering, Graphic Expression in Engineering, Cartographic Engineering, Geodesy and Photogrammetry, Mechanical Engineering and Manufacturing Process Engineering, Universidad de Valladolid, Spain
Gepubliceerd
2020-10-09
Citeerhulp
Esandi-Baztan, M., & Fuertes-Olivera, P. A. (2020). Selecting an Initial Lemma List in Specialized Lexicography: A Case Study in the Field of Graphic Engineering. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1596
Sectie
Artikels/Articles