'n Model vir 'n aanlyn GIS-vakwoordeboek

  • Lize-Mari Theron Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika
Trefwoorden: vakwoordeboeke, leksikografieteorie, operasionele funksie, kommunikatiewe funksie, geografiese inligtingstelsels, vakleksikografie, woordeboekmodel, gis-pedagogie, aanlyn woordeboeke, woordeboek-koseptualiseringsplan, e-leeromgewings, hibridiese woordeboe

Samenvatting

As deel van 'n MA-studie aan die Universiteit Stellenbosch, is 'n model vir 'n aanlyn GIS-vakwoordeboek ontwikkel om drie probleme aan te spreek. Die eerste probleem is die groot hoeveelheid vakwoordeboeke wat gemaak is sonder die leiding van die leksikografieteorie. Dit is min dat 'n woordeboek sy potensiaal van gebruikersvriendelikheid en toeganklikheid bereik sonder die leiding van die leksikografieteorie. 'n Vakgebied wat hierdie probleem het, is Geografiese Inligtingstelsels (GIS). As daar na aanlyn GIS-vakwoordeboeke gekyk word, word die tweede probleem geïdentifiseer: die bestaande GIS-vakwoordeboeke is nie genoegsame bronne vir GIS-pedagogie in Suid-Afrika nie. Die bestaande vakwoordeboeke is nie gemik op enige spesifieke gebruiker nie. Beginners, semi-deskundiges en deskundiges se onderskeie, spesifieke behoeftes word nie in ag geneem nie. Daar is ook geen vakwoordeboek wat 'n operasionele funksie bied nie, almal fokus net op teksresepsie. 'n Verdere blik op die kommunikatiewe funksie van hierdie vakwoordeboeke, wys die derde probleem: daar is geen GIS-vakwoordeboek wat vertaalekwivalente in Afrikaans (of enige van die ander amptelike Afrikatale) bied nie. In hierdie artikel word daar 'n model voorgestel wat ontwikkel is met die leiding van die leksikografieteorie en wat die gaping in GIS-pedagogie in Suid-Afrika kan aanpreek, want dit is bedoel vir beginners en dit het beide 'n operasionele en kommunikatiewe funksie.Sleutelwoorde: vakwoordeboeke; leksikografieteorie; operasionele funksie; kommunikatiewe funksie; geografiese inligtingstelsels; vakleksikografie; woordeboekmodel; gis-pedagogie; aanlyn woordeboeke; woordeboek-koseptualiseringsplan; e-leeromgewings; hibridiese woordeboekmodel
Gepubliceerd
2020-10-01
Citeerhulp
Theron, L.-M. (2020). ’n Model vir ’n aanlyn GIS-vakwoordeboek. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1593
Sectie
Artikels/Articles