A Critical Evaluation of Three Sesotho Dictionaries

  • Mmasibidi Setaka South African Centre for Digital Language Resources, South Africa and University of Pretoria, Pretoria, South Africa
  • D.J. Prinsloo Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: leksikografie, woordeboeke, Sesotho, korpora, lemmatisering, lemmabewerking, konkordansies, mikrostruktuur, makrostruktuur

Samenvatting

'n Kritiese evaluering van drie Sesotho woordeboeke. Hierdie artikel gee 'n perspektief op Sesotho-leksikografie en 'n kritiese ontleding van die makrostrukture en mikrostrukture van drie geselekteerde Sesotho woordeboeke. Die eentalige papierwoordeboek Sethantšo sa Sesotho, die tweetalige papierwoordeboek Southern Sotho–English Dictionary en die Sesotho online Bukantswe v.3 word geëvalueer. Hulle deugde en tekortkominge as naslaanwerke sal beskou word teenoor woordeboeke van hoë leksikografiese gehalte om vas te stel in watter mate hulle aan die mees basiese vereistes van makrostrukture en mikrostrukture voldoen. Die teenstrydighede wat in hierdie artikel aangespreek word, weerspieël die noodsaaklikheid dat Sesotho leksikograwe korpora in woordeboeksamestelling gebruik om die gehalte van inskrywings op mikrostrukturele sowel as makrostrukturele vlak te verhoog. Daar sal geargumenteer word dat baie meer navorsing en beskrywing van leksikografiese kwessies nodig is om die leksikografie van Sesotho op gelyke voet te bring met die sustertale Sepedi en Setswana asook met goeie woordeboeke van wêreldtale. Na dekades van gebruik, moet die Sesotho woordeboeke wat tans beskikbaar is dringend hersien word en nuwe woordeboeke saamgestel word wat op spesifieke teikengebruikers gerig is.

Biografie auteur

D.J. Prinsloo, Department of African Languages, University of Pretoria, Pretoria, South Africa
Gepubliceerd
2020-09-30
Citeerhulp
Setaka, M., & Prinsloo, D. (2020). A Critical Evaluation of Three Sesotho Dictionaries. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1592
Sectie
Artikels/Articles