e-Dictionaries in a Network of Information Tools in the e-Environment

  • Theo J.D. Bothma Department of Information Science, University of Pretoria, South Africa
  • Rufus H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, South Africa
Trefwoorden: data stoot, data trek, dataverspreidingstrukture, gebruikersinligtingsbehoeftes, inligtingsbronne, inligtingswerktuie, kontekstualisering, netwerk van inligtingswerktuie, slim e-woordeboeke, soekplekke

Samenvatting

e-Woordeboeke in 'n netwerk van inligtingswerktuie in die e-omgewing. Tradisionele woordeboeke bied gekeurde data aan gebruikers. Daarom behoort gebruikers die korrekte data te kan vind om 'n inligtingsbehoefte te bevredig. Gebruikers weet egter nie altyd wat die presiese bestek van die leksikografiese inligting is nie. Woordeboekartikels stel steeds eise aan die gebruiker om die gepaste betekenis of ekwivalent te kies.In die e-omgewing kan gebruikers maklik tussen verskillende e-bronne rondbeweeg. Dit geld veral op verskillende e-boekplatforms waar baie woordeboeke en ander bronne aan 'n teks of internetsoektog gekoppel kan word. Internetinhoud is vanselfsprekend nie gekeur nie en om toegang tot sulke data te gee, is bykans 'n gruwel vir tradisionele leksikograwe. 'n Tradisionele woordeboek is die produk van 'n toepassing van datatrekprosedures. Die aanlyn omgewing maak die gebruik van datastootprosedures moontlik wat aan gebruikers toegang tot sowel gekeurde as ongekeurde data gee.Hierdie kwessies word geïllustreer aan die hand van 'n aantal voorbeelde wat wys hoe talle verskillende en uiteenlopende inligtingsbronne maklik beskikbaar is vir gebruikers om enige spesifieke inligtingsbehoefte te bevredig en dat 'n woordeboek een van baie inligtingsbronne is. Die inligting is op aanvraag beskikbaar sonder die gevaar van inligtingsoorlading.Daar word aangevoer dat wanneer 'n netwerk van inligtingswerktuie optimaal saamgestel word wat 'n omvattende soekuniversum bied, moet die inligtingsonttrekkingstruktuur verkieslik 'n sirkel-netwerk eerder as 'n lineêre kontinuum as toepassingsgebied hê.
Gepubliceerd
2020-09-23
Citeerhulp
Bothma, T. J., & Gouws, R. H. (2020). e-Dictionaries in a Network of Information Tools in the e-Environment. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1588
Sectie
Artikels/Articles