<i>Sethantšo sa Sesotho</i> and <i>Sesuto–English Dictionary</i>: A Comparative Analysis of their Designs and Entries

  • T.L. Motjope-Mokhali Department of African Languages and Literature, University of eSwatini, eSwatini
  • I.M. Kosch Department of African Languages, University of South Africa, Pretoria, South Africa
  • Munzhedzi James Mafela Department of African Languages, University of South Africa, Pretoria, South Africa
Trefwoorden: tweetalige woordeboek, eentalige woordeboek, leksikale items, vergelyking, teorie van aanpassing, Sesotho woordeboeke, ooreenkomste, verskille, ouderwetse en nuwe woorde

Samenvatting

Sethantšo sa Sesotho en Sesuto–English Dictionary: 'n Vergelykende analise van die ontwerp en inskrywings.Hierdie artikel poog om die verhouding en omvang van ooreenkoms tussen twee Sesotho woordeboeke, wat onderskeidelik in die 1800s en 2005 gepubliseer is, te bepaal. Die twee woordeboeke onder bespreking is die Sesuto–English Dictionary deur Mabille en Dieterlen en Sethantšo sa Sesotho deur Hlalele. Eersgenoemde woordeboek is tweetalig, soos die meeste woordeboeke van ander Afrikatale wat die pionierswerk van sendelinge was. Laasgenoemde woordeboek is die eerste eentalige woordeboek vir Sesotho en is saamgestel deur 'n moedertaalspreker van die taal. Die ooreenkoms in die inhoud van die twee woordeboeke word bepaal deur die toepassing van die gebruikersperspektiefbenadering as raamwerk van ontleding. Deur middel van 'n analise van die ontwerp en inskrywings in die twee woordeboeke stel die studie ooreenkomste en verskille vas ten opsigte van die gebruik van nie-standaard simbole en atipiese klankkombinasies, verduidelikende frases/sinne en die gebruik van ouderwetse woorde. In die lig van die aantal ouderwetse inskrywings in albei woordeboeke, is een van die aanbevelings van hierdie studie dat Sethantšo sa Sesotho hersien moet word of dat 'n nuwe eentalige woordeboek opgestel moet word wat meer hedendaagse woorde insluit wat aan die behoeftes van huidige gebruikers sal voorsien.
Gepubliceerd
2020-08-19
Citeerhulp
Motjope-Mokhali, T., Kosch, I., & Mafela, M. J. (2020). <i>Sethantšo sa Sesotho</i> and <i>Sesuto–English Dictionary</i&gt;: A Comparative Analysis of their Designs and Entries. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1580
Sectie
Artikels/Articles