Special Field and Subject Field Lexicography Contributing to Lexicography

  • Rufus H. Gouws Department of Afrikaans and Dutch, Stellenbosch University, Stellenbosch, South Africa
Trefwoorden: aanleerderwoordeboek, agtertekste, deelartikeltrajekte, dubbelvlaksublemmata, eerstevlaksublemmata, gebruikersperspektief, geïntegreerde makrostrukture, gidselement, spesialeveldwoordeboek, sublemmata, transtekstuele benadering, vakwoordeboek

Samenvatting

Spesialeveldleksikografie en vakleksikografie lewer 'n bydrae tot leksikografie. Beperkteveldwoordeboeke is volwaardige woordeboeke en hulle bydrae tot die leksikografie mag nie onderskat word nie. Aangesien beperkteveldwoordeboeke dikwels in leksikografiese gesprekke afgeskeep word, beklemtoon hierdie artikel die belang van hulle rol as lede van die woordeboekfamilie. In 'n omvattende woordeboekkultuur moet die fokus nie net op woordeboeke vir taal vir algemene doeleindes wees nie, maar ook op woordeboeke waarin die taal vir spesifieke doeleindes bewerk word. Dié artikel bied eerstens 'n terminologiese vereenduidiging en onderskei tussen vakwoordeboeke en spesialeveldwoordeboeke. Daarna word die gebruikersperspektief bespreek voordat daar aangetoon word hoe aspekte van die algemene leksikografie ook in hierdie woordeboeke ter sake is. Dit geld onder meer aspekte van die subtipologiese verdeling asook verskillende leksikografiese funksies. Aan die hand van 'n lid van elk van die kategorieë van vak- en spesialeveldwoordeboeke word daar gewys hoe veral woordeboekstrukture op 'n innoverende manier in hierdie woordeboeke benut en aangepas word. Aandag word onder meer gegee aan die artikelstruktuur en die raamstruktuur asook 'n transtekstuele benadering in eentalige woordeboeke met 'n tweetalige dimensie. Die fokus in die bespreking van die vakwoordeboek is veral op verskillende aspekte van die makrostruktuur. 'n Beskrywing word gebied van dubbelvlakkige sublemmata. Daar word ook gewys hoe geïntegreerde makrostrukture in die betrokke woordeboek gebruik word. Daar word aangedui hoe vanuit hierdie afdeling van die leksikografiepraktyk die terrein van die metaleksikografie en woordeboeknavorsing verruim kan word.
Gepubliceerd
2020-07-01
Citeerhulp
Gouws, R. H. (2020). Special Field and Subject Field Lexicography Contributing to Lexicography. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1568
Sectie
Artikels/Articles