Lexicography and Language Planning in 18th Century Sweden
Trefwoorden:
18de eeu, Swede, tweetalige leksikografie, leksikale regsitems, Serenius, Sahlstedt, leksikografiese ontwikkeling, taalbeplanning, Latyn, Sweeds
Samenvatting
Leksikografie en taalbeplanning in 18de-eeuse Sweeds.Die 18de eeu was 'n belangrike tydperk vir Sweedse taalkundige ontwikkeling. Vreemde leksikale invloed en ortografiese standaardisering is in erns bespreek, en die woordeskat is in verskeie woordeboeke, almal tweetalig, gekodifiseer. In hierdie artikel word twee vraagstukke van die 18de-eeuse leksikografie in twee invloedryke woordeboeke bestudeer: Serenius (1741) en Sahlstedt (1773). Die eerste vraagstuk hou verband met die insluiting van Latynse en Sweedse leksikale regsitems in die lemmalys; die tweede vraagstuk hou verband met die leksikografiese hantering van die leksikale item en die verdeling daarvan in betekenisse.40 leksikale items met 'n regsbetekenis is onttrek uit die eerste twee regshandboeke wat in Sweeds geskryf is (Rålamb 1674 en Kloot 1676). Dalin (1850–55), 'n eentalige woordeboek wat ver-teenwoordigend is van die tydperk waarin die leksikografie ten volle in Swede ontwikkel is, is as maatstaf gebruik. Twee moderne woordeboeke, SO (2009) en NSEOP (2018), word ook ter vergelyking gebruik. Die resultate dui daarop dat beide Serenius en Sahlstedt getrou aan die opvattings van hul tyd was. Hulle het slegs Latynse leksikale items wat reeds ten volle in Sweeds geïnkorporeer is en wat belangrik vir algemene woordeboeke was, ingesluit. Die regsbetekenisse is ook in die artikels onderskei, maar betekenisaanduiders is inkonsekwent gebruik en voorbeelde is deurmekaar aangegee. Die leksikograwe het ook sterk op Latyn as metataal gesteun.
Gepubliceerd
2020-04-16
Citeerhulp
Rogström, L. (2020). Lexicography and Language Planning in 18th Century Sweden. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1549
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.