Valency Dictionaries and Chinese Vocabulary Acquisition for Foreign Learners

  • Jun Gao School of Foreign Languages, Zhejiang Gongshang University, Hangzhou, China
  • Haitao Liu Institute of Quantitative Linguistics, Beijing Language and Culture University, Beijing, China; Department of Linguistics, Zhejiang University, Hangzhou, China; Center for Linguistics and Applied Linguistics, Guangdong University of Foreign Studies, Guangzhou, China
Trefwoorden: Chinese valensiewoordeboek, valensieinskrywing, logies-semantiese valensie, sintaktiese valensie, semanties-pragmatiese valensie, Chinese woordeskatverwerwing, leksikale wangebruik, aanvullingspatrone, aanleerderskorpus, moedertaalkorpus

Samenvatting

Valensiewoordeboeke en Chinese woordeskatverwerwing vir vreemdetaalleerders.Valensie is 'n groot bron van leksikale foute in die aanleer van 'n vreemde taal. Gevolglik ontstaan die vraag hoe sintaktiese en semantiese eienskappe van 'n woord uit die korpus verkry en in 'n Chinese valensiewoordeboek weergegee kan word om woordeskatverwerwing vir vreemdetaalleerders te vergemaklik. Met inagneming van die drie aspekte van 'n valensieraamwerk — logies-semantiese, sintaktiese en semanties-pragmatiese valensie — word 60 gevalle van Chinese leksikale foute wat uit die HSK (Chinese Taalvaardigheidstoets) Dinamies Saamgestelde Korpus onttrek is, bestudeer. Die resultate dui daarop dat die meeste van die foute plaasvind in die semanties-pragmatiese valensie-dimensie en dat hierdie semanties-pragmatiese foute toegeskryf kan word aan verskeie faktore soos semantiese kollokasies, emotiewe veranderlikes, teksstyle, registers, en ander kontekstuele faktore. Die resultate word dan benut as sintaktiese, semantiese en pragmatiese inligting wat in 'n Chinese valensiewoordeboek weergegee moet word. Meer spesifiek, die resultate wat verkry word uit 'n gevallestudie van 'n verkeerd gebruikte woord wat onttrek is uit 'n grootskaalse Chinese moedertaalssprekerskorpus, help om 'n relatief volledige lys aanvullingspatrone, wat gebaseer is op die studieontwerpe van 'n Chinese valensieinskrywing wat drie basiese elemente insluit — kwantitatiewe valensie, kwalitatiewe valensie en valensiepatrone — te verkry.

Biografie auteur

Haitao Liu, Institute of Quantitative Linguistics, Beijing Language and Culture University, Beijing, China; Department of Linguistics, Zhejiang University, Hangzhou, China; Center for Linguistics and Applied Linguistics, Guangdong University of Foreign Studies, Guangzhou, China
Gepubliceerd
2020-04-16
Citeerhulp
Gao, J., & Liu, H. (2020). Valency Dictionaries and Chinese Vocabulary Acquisition for Foreign Learners. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1548
Sectie
Artikels/Articles