Which Defining Model Contributes to More Successful Extraction of Syntactic Class Information and Translation Accuracy?

  • Bartosz Ptasznik University of Warmia and Mazury, Olsztyn, Poland
Trefwoorden: aanleerderswoordeboeke, definisies, eentalige woordeboeke, analitiese definisies, volsindefinisies, enkel-bysin <i>when</i>-definisies

Samenvatting

Watter definiëringsmodel dra by tot meer geslaagde onttrekking van inligting rakende sintaktiese kategorie en vertaalakkuraatheid?Die hooffokus van hierdie artikel is definisies in Engelse eentalige aanleerderswoordeboeke. Metaleksikograwe het 'n intense belangstelling in die volgende drie tipes definisies gehad: analitiese definisies (of klassieke definisies), volsindefinisies (ook genoem kontekstuele definisies) en enkel-bysin when-definisies. Die gebruik van when-definisies, wat die definiëring van abstrakte selfstandige naamwoorde ten doel het, het vrae en twyfel laat ontstaan oor hul effektiwiteit in die herkenning van die korrekte woordsoort van die definiendum, oftewel die item wat gedefinieer word, met inagneming van die probleme wat verband hou met die vervangbaarheid van trefwoorde en dele van definisies ('n gebrek aan algemenekategoriewoorde in hierdie definisieformaat). Met betrekking tot die akkuraatheid van woordsoortherkenning, het bestaande navorsing in hoofsaak die groter geslaagdheid van die klassieke definisie-tipe bo die enkel-bysin when-definisies bevestig. Die huidige eksperiment poog ook om verder ondersoek in te stel na woordsoortherkenning met betrekking tot die drie bogenoemde definisietipes — in vorige studies is slegs data van analitiese en enkel-bysin when-definisies met mekaar vergelyk, aangesien kontekstuele definisies nie deel gevorm het van die studiedoelwit nie. Hierdie studie is uitgevoer op 'n groep van 120 gevorderde vlak Poolse universiteitsstudente van Engels. Die proefpersone is met betrekking tot die drie hoofdefinisietipes in die Engelse leksikografiese praktyk getoets op hul vermoëns om inligting rakende sintaktiese kategorie korrek te onttrek asook op hul vertaalakkuraatheid van abstrakte selfstandige naamtrefwoorde.
Gepubliceerd
2020-04-06
Citeerhulp
Ptasznik, B. (2020). Which Defining Model Contributes to More Successful Extraction of Syntactic Class Information and Translation Accuracy?. Lexikos, 30(1). https://doi.org/10.5788/30-1-1545
Sectie
Artikels/Articles