Die behandeling van die funksie dekodering in verskillende tipes woordeboeke

  • Anna Nel Otto Departement Tale en Letterkunde, Nelson Mandela Universiteit, Port Elizabeth, Suid-Afrika
  • Jadé Blume Departement Tale en Letterkunde, Nelson Mandela Unversiteit, Port Elizabeth, Suid-Afrika
Trefwoorden: dekodering, woordeboektipes, woordeboekstruktuur, woordeboekfunksie, omvattende woordeboek, standaardwoordeboek, beperkte woordeboek, aanleerderwoordeboek, woordeboek vir spesiale doeleindes, tweetalige woordeboek

Samenvatting

Woordeboeke word veral geraadpleeg ter wille van die funksie dekodering. Hierdie artikel verskaf 'n sistematiese beskrywing van die invloed wat die funksie dekodering op die woordeboekstrukture en datatipes in verskillende woordeboektipes het. Tydens hierdie bespreking word veral aandag gegee aan strukture wat in sowel gedrukte as aanlyn woordeboeke voorkom. Alhoewel die belangrikste datatipe vir dekodering betekenisverklarings/vertalings in meertalige woordeboeke is, fokus hierdie artikel veral op die rol van datatipes soos uitspraakleiding, kollokasies, etikette, voorbeelde en etimologiese leiding. In gedrukte woordeboeke is daar 'n groot ooreenkoms ten opsigte van raamstruktuur (minstens sentrale woordelys en gebruikersleiding), dataverspreidingstruktuur en toegangstruktuur, terwyl verskille veral op die vlak van die makrostruktuur (meer of minder lemmas, verskillende ordenings) en mikrostruktuur (aanduidertipes en hoeveelheid data ten opsigte hiervan) voorkom.
Gepubliceerd
2019-11-29
Citeerhulp
Otto, A. N., & Blume, J. (2019). Die behandeling van die funksie dekodering in verskillende tipes woordeboeke. Lexikos, 29(1). https://doi.org/10.5788/29-1-1515
Sectie
Artikels/Articles