Visualisation of Collocational Preferences for Near-Synonym Discrimination

  • Mariusz Piotr Kamiński Basic Science Centre, University of Applied Sciences, Nysa, Poland
Trefwoorden: visualisering, ooreenkomsanalise, kollokasionele netwerk, sinoniemonderskeiding, kollokasie, outomatiese onttrekking van sinonieme, ampersinoniem, kollokasievoorkeure

Samenvatting

Die visualisering van kollokasionele voorkeure by die onderskeiding van ampersinonieme. Hierdie artikel beoog om die potensiële bruikbaarheid van twee tegnieke te ondersoek wat kollokasionele voorkeure visualiseer met die oog op sinoniemonderskeiding. Aangesien kollokasies een van die belangrikste merkers van betekenisverskil is, word dit gebruik as maatstaf om tussen ampersinonieme te onderskei. Kollokasionele voorkeure vir 'n stel van ampersinonieme (artificial, fake, false en synthetic) is gevisualiseer deur twee tegnieke te gebruik: ooreenkomsanalise-stipping en kollokasionele netwerk. Die kollokasies is onttrek uit die BNC korpus deur gebruik te maak van 'n verdelingsmetode. 'n Voordeel van die grafieke is dat hulle leksikograwe in staat stel om ooreenkomste en verskille ten opsigte van kollokasionele voorkeur raak te sien vir verskeie woorde in 'n enkele diagram. Sulke visualiserings kan gebruik word as 'n alternatiewe manier vir 'n tabellariese manier van datavoorstelling wat inligtingsoorlading voorkom wat ontstaan wanneer leksikograwe sinoniemreekse voorberei vir woordeboeke wat op produksie fokus. Die visualiserings kan gebruik word as 'n vertrekpunt om semantiese verskille te ondersoek tussen woorde wat semanties soortgelyk aan mekaar is.
Gepubliceerd
2017-11-07
Citeerhulp
Kamiński, M. P. (2017). Visualisation of Collocational Preferences for Near-Synonym Discrimination. Lexikos, 27(1). https://doi.org/10.5788/27-1-1401
Sectie
Artikels/Articles