Treatment of Spelling Variants in Setswana Monolingual Dictionaries

  • Thapelo J. Otlogetswe Faculty of Humanities, University of Botswana, Gaborone, Botswana
Trefwoorden: spellingvariasie, dialek, Setswana korpus, meerwoordige uitdrukking, ontlening, geskiedenis, eentalige woordeboek, lemmatisering, kruisverwysing

Samenvatting

Die hantering van spellingvariante in eentalige Setswana woordeboeke. Hierdie artikel argumenteer dat die Setswanataal gekenmerk word deur spellingvariante wat die gevolg is van verskeie faktore. Oorweging word geskenk aan spellingvariante wat gevind word by individuele woorde sowel as dié wat in meerwoordige uitdrukkings gevind word (MWU's). Daar word geargumenteer dat spellingvariasie die gevolg kan wees van historiese verdelings en vermengings van die Batswanagroepe, sowel as ontlenings aan aanliggende tale soos Afrikaans en Engels. Daar word gekyk na die lemmatisering van spellingvariante in drie eentalige Setswanawoordeboeke van die afgelope twintig jaar, Thanodi ya Setswana (Kgasa en Tsonope 1995), Thanodi ya Setswana (Mareme 2007) en Tlhalosi ya Medi ya Setswana (Otlogetswe 2012). Hierdie artikel argumenteer dat spellingvariante in 'n algemene, eentalige woordeboek ingesluit moet word en hoe hierdie variante hanteer moet word deur gebruik te maak van frekwensie-inligting uit korpusdata. As slot word drie strategieë aangebied wat variasie in MWU's aanspreek, waar daar 'n verskil tussen die twee of meer MWU's bestaan as gevolg van 'n enkelwoord in die MWU of waar variasie veroorsaak word deur die teenwoordigheid of afwesigheid van 'n woord in 'n MWU. Die derde strategie geld vir gevalle waar die variante in soveel opsigte verskil dat dit 'n beter opsie sal wees om hulle as aparte inskrywings te hanteer.

Biografie auteur

Thapelo J. Otlogetswe, Faculty of Humanities, University of Botswana, Gaborone, Botswana
Gepubliceerd
2015-11-20
Citeerhulp
Otlogetswe, T. J. (2015). Treatment of Spelling Variants in Setswana Monolingual Dictionaries. Lexikos, 25(1). https://doi.org/10.5788/25-1-1299
Sectie
Artikels/Articles