Creating a German–Basque Electronic Dictionary for German Learners

  • David Lindemann Department of Basque Language and Communications, UPV-EHU University of the Basque Country, Donostia, Spain
Trefwoorden: baskiese taal, duits as vreemde taal, elektroniese woordeboeke, gebruikerskoppelvlak, parallelkorpora, tweetalige leksikografie, wiktionary

Samenvatting

Die samestelling van 'n Duits–Baskiese elektroniese woordeboek vir Duitse aanleerders.In hierdie artikel word EuDeLex, die nuwe projek vir 'n elektroniese woordeboek wat tans aan die UPV-EHU Universiteit van die baskiese gebied saamgestel word, bespreek. In die inleiding word gewys op die behoefte aan en funksies van 'n nuwe elektroniese woordeboek vir hierdie taalpaar asook algemene aspekte van tweetalige leksikografie met Duits as vreemde taal.Die taalpaar Duits–Baskies, waarna verwys kan word as 'n taalpaar met minder hulpmiddele en medium digtheid, het geen leksikografiese voorgangers wat hersien of aangepas kan word nie. Desondanks word die samestellingsproses van 'n nuwe woordeboek ondersteun deur bestaande eentalige leksikografiese databasisse en 'n nuwe Duits–Baskiese parallelkorpus. Die werkswyse word bespreek m.b.t. die ontwerp van die makro- en mikrostruktuur en die redigering, en voorstelle word gemaak vir 'n eerste weergawe van 'n aanlyn koppelvlak en die publikasieproses.
Gepubliceerd
2014-10-27
Citeerhulp
Lindemann, D. (2014). Creating a German–Basque Electronic Dictionary for German Learners. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1266
Sectie
Projekte/Projects