Buitetekste in 'n elektroniese gebaretaalwoordeboek

  • Hanelle Fourie Blair Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Stellenbosch, Suid-Afrika en Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika
Trefwoorden: afrikaans, buitetekste, dataverspreiding, dowe teikengebruikers, elektroniese woordeboeke, gebaretaal, grondslagfase, leksikografie, leksikografiese funksies, minigrammatika, raamstruktuur, woordeboek

Samenvatting

Die voorstelle wat in hierdie artikel oor buitetekste in 'n elektroniese gebaretaalwoordeboek gemaak word dien as deel van 'n volledige konsepmodel wat spesifiek vir die De la Bat Skool vir Dowes in Worcester, Suid-Afrika, voorgestel word (Fourie 2013). Die doel van die voorgestelde woordeboek is om die leerlinge van die De la Bat Skool elektroniese toegang tot geskrewe skoolwoordelyste te gee, met gebare en voorbeelde in gebaretaal wat in videoformaat vertoon word — dus in die vorm van 'n elektroniese woordeboek. 'n Geskrewe woordelys voldoen glad nie in hierdie geval aan die behoeftes van skoolleerders nie en 'n woordeboek wat vir die Dowe teikengebruikers by die skool ontwerp is, sal van veel groter waarde wees in die leerders se omgang met beide gebaretaal sowel as die geskrewe taal.Die artikel bespreek dataverspreiding en die gebruik van 'n raamstruktuur, die gebruik van buitetekste en verskaf ook voorbeelde van buitetekste in bestaande gebaretaalwoordeboeke, hetsy elektronies of nie. Daarna word voorstelle vir buitetekste in die konteks van die model gemaak met illustrerende voorbeelde.
Gepubliceerd
2014-10-27
Citeerhulp
Fourie Blair, H. (2014). Buitetekste in ’n elektroniese gebaretaalwoordeboek. Lexikos, 24(1). https://doi.org/10.5788/24-1-1255
Sectie
Artikels/Articles