Buitetekste in 'n elektroniese gebaretaalwoordeboek
Résumé
Die voorstelle wat in hierdie artikel oor buitetekste in 'n elektroniese gebaretaalwoordeboek gemaak word dien as deel van 'n volledige konsepmodel wat spesifiek vir die De la Bat Skool vir Dowes in Worcester, Suid-Afrika, voorgestel word (Fourie 2013). Die doel van die voorgestelde woordeboek is om die leerlinge van die De la Bat Skool elektroniese toegang tot geskrewe skoolwoordelyste te gee, met gebare en voorbeelde in gebaretaal wat in videoformaat vertoon word — dus in die vorm van 'n elektroniese woordeboek. 'n Geskrewe woordelys voldoen glad nie in hierdie geval aan die behoeftes van skoolleerders nie en 'n woordeboek wat vir die Dowe teikengebruikers by die skool ontwerp is, sal van veel groter waarde wees in die leerders se omgang met beide gebaretaal sowel as die geskrewe taal.Die artikel bespreek dataverspreiding en die gebruik van 'n raamstruktuur, die gebruik van buitetekste en verskaf ook voorbeelde van buitetekste in bestaande gebaretaalwoordeboeke, hetsy elektronies of nie. Daarna word voorstelle vir buitetekste in die konteks van die model gemaak met illustrerende voorbeelde.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0