Polisemie in die woordeboek --- 'n kognitiewe perspektief

  • P.H. Swanepoel Departement Afrikaans, Universiteit van Suid-Afrika
Trefwoorden: leksikografiese metateorie, polisemie, leksikale kategorieë, prototipesemantiek, prototipekategorieë

Samenvatting

Die hoofdoel van hierdie artikel is om 'n uiteensetting te gee van Geeraerts (l983b, l990a) se aanspraak dat prototipesemantiek 'n adekwate begronding vir die leksikografiese metateorie is. Uitgaande van Geeraerts se uiteensetting van prototipesemantiek en die metaleksikografiese beginsels wat in Zgusta (l971) uiteengesit word, word daar 'n sistematiese ontleding gegee van verskeie aspekte van polisemie in die woordeboek, bv. die benadering van polisemiese kategorieë as klassieke kategorieë, die standpunte oor die prototipestruktuur van polisemiese kategorieë, die probleem van monosemiese prototipekategorieë teenoor polisemiese prototipekategorieë, die behoefte aan die skemabegrip en die verskillende maniere waarop die multidimensionele semantiese struktuur van leksikale items op woordeboekartikels afgebeeld word. Daar word aangetoon hoe Zgusta (l971) telkemale sy voorgestelde leksikografiese metateorie relativeer met betrekking tot van die vernaamste kenmerke van polisemiese kategorieë, nl. hulle vae interne en eksterne grense en hulle komplekse interne semantiese struktuur.  
Citeerhulp
Swanepoel, P. (1). Polisemie in die woordeboek --- ’n kognitiewe perspektief. Lexikos, 1(1). https://doi.org/10.5788/1-1-1157
Sectie
Artikels/Articles