Polisemie in die woordeboek --- 'n kognitiewe perspektief
Résumé
Die hoofdoel van hierdie artikel is om 'n uiteensetting te gee van Geeraerts (l983b, l990a) se aanspraak dat prototipesemantiek 'n adekwate begronding vir die leksikografiese metateorie is. Uitgaande van Geeraerts se uiteensetting van prototipesemantiek en die metaleksikografiese beginsels wat in Zgusta (l971) uiteengesit word, word daar 'n sistematiese ontleding gegee van verskeie aspekte van polisemie in die woordeboek, bv. die benadering van polisemiese kategorieë as klassieke kategorieë, die standpunte oor die prototipestruktuur van polisemiese kategorieë, die probleem van monosemiese prototipekategorieë teenoor polisemiese prototipekategorieë, die behoefte aan die skemabegrip en die verskillende maniere waarop die multidimensionele semantiese struktuur van leksikale items op woordeboekartikels afgebeeld word. Daar word aangetoon hoe Zgusta (l971) telkemale sy voorgestelde leksikografiese metateorie relativeer met betrekking tot van die vernaamste kenmerke van polisemiese kategorieë, nl. hulle vae interne en eksterne grense en hulle komplekse interne semantiese struktuur.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0