Op soek na 'n adekwate linguistiese teorie vir die begronding van die leksikografieteorie en -praktyk --- die kognitiewe grammatika as 'n moontlike alternatief

  • P.H. Swanepoel Dept. Afrikaans, UNISA
Trefwoorden: metaleksikografie, praktiese leksikografie, teoretiese adekwaatheid, kognitiewe semantiek, prototipeteorie, polisemie, leksikografiese definisies, metafoor, metonimie, homonimie, sinonimie, motivering

Samenvatting

Verskeie navorsers het dit al gestel, en in 'n aantal gevalle aangetoon, dat die kognitiewe grammatika 'n meer adekwate begronding vir die leksikografieteorie en -praktyk bied as die meeste tradisionele en strukturele linguistiese teorieë. In hierdie artikel word 'n aantal temas rondom hierdie stelling van nader bekyk, nl. die rol van linguistiese teorieë in die leksikografie as 'n wetenskaplike praktyk, adekwaatheidskriteria vir linguistiese teorieë vanuit 'n leksikografiese oogpunt en die adekwaatheid en houdbaarheid van die kognitiewe grammatika as een so 'n linguisties-teoretiese alternatief.  
Citeerhulp
Swanepoel, P. (1). Op soek na ’n adekwate linguistiese teorie vir die begronding van die leksikografieteorie en -praktyk --- die kognitiewe grammatika as ’n moontlike alternatief. Lexikos, 2(1). https://doi.org/10.5788/2-1-1135
Sectie
Artikels/Articles