Op soek na 'n adekwate linguistiese teorie vir die begronding van die leksikografieteorie en -praktyk --- die kognitiewe grammatika as 'n moontlike alternatief
Abstract
Verskeie navorsers het dit al gestel, en in 'n aantal gevalle aangetoon, dat die kognitiewe grammatika 'n meer adekwate begronding vir die leksikografieteorie en -praktyk bied as die meeste tradisionele en strukturele linguistiese teorieë. In hierdie artikel word 'n aantal temas rondom hierdie stelling van nader bekyk, nl. die rol van linguistiese teorieë in die leksikografie as 'n wetenskaplike praktyk, adekwaatheidskriteria vir linguistiese teorieë vanuit 'n leksikografiese oogpunt en die adekwaatheid en houdbaarheid van die kognitiewe grammatika as een so 'n linguisties-teoretiese alternatief.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0