Definiëring in 'n aanleerderwoordeboek
Trefwoorden:
definiendum, definiens, definiëring, definisie, woordeboek, genus-differentia-definisie, aanleerderwoordeboek, leksikograaf, leksikografie, algemene standaardwoordeboek, sinoniemdefinisie, sintaksis, woordeskat
Samenvatting
'n Aanleerderwoordeboek (in hierdie geval die <i>Basiswoordeboek vir Afrikaans</i>) is gemik op die vreemdetaalgebruiker, en daarom is dit logies dat die definisies in so 'n woordeboek grootliks sal verskil van dié wat in 'n algemene standaardwoordeboek (vir hierdie artikel die <i>Nasionale Woordeboek</i>) gebruik word. Hierdie artikel ondersoek die verskille in definiëring tussen hierdie twee tipes woordeboeke. Die verskil in die gebruik van hierdie woordeboeke gee aanleiding tot die belangrikste verskille in definiëring: waar die algemene standaardwoordeboek hoofsaaklik vir dekodering gebruik word, word die aanleerderwoordeboek ook gebruik vir die enkodering van teks. As gevolg hiervan word vereis dat die definiens in 'n aanleerderwoordeboek so ondubbelsinnig en gebruikervriendelik as moontlik moet wees. Die onderskeie wyses waarop die definisie so toeganklik gemaak word, word beskryf, byvoorbeeld die gebruik van volsinne, kernwoordeskat, ens.
Citeerhulp
Feinauer, A. (1). Definiëring in ’n aanleerderwoordeboek. Lexikos, 2(1). https://doi.org/10.5788/2-1-1128
Nummer
Sectie
Artikels/Articles
Outeursreg op alle materiaal wat in Lexikos gepubliseer is, berus by die Direksie van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Dit staan skrywers egter vry om hulle materiaal elders te gebruik mits Lexikos (AFRILEX-reeks) erken word as die oorspronklike publikasiebron.