Definiëring in 'n aanleerderwoordeboek

  • A.E. Feinauer Dept. Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch

Résumé

'n Aanleerderwoordeboek (in hierdie geval die <i>Basiswoordeboek vir Afrikaans</i>) is gemik op die vreemdetaalgebruiker, en daarom is dit logies dat die definisies in so 'n woordeboek grootliks sal verskil van dié wat in 'n algemene standaardwoordeboek (vir hierdie artikel die <i>Nasionale Woordeboek</i>) gebruik word. Hierdie artikel ondersoek die verskille in definiëring tussen hierdie twee tipes woordeboeke. Die verskil in die gebruik van hierdie woordeboeke gee aanleiding tot die belangrikste verskille in definiëring: waar die algemene standaardwoordeboek hoofsaaklik vir dekodering gebruik word, word die aanleerderwoordeboek ook gebruik vir die enkodering van teks. As gevolg hiervan word vereis dat die definiens in 'n aanleerderwoordeboek so ondubbelsinnig en gebruikervriendelik as moontlik moet wees. Die onderskeie wyses waarop die definisie so toeganklik gemaak word, word beskryf, byvoorbeeld die gebruik van volsinne, kernwoordeskat, ens.  
Comment citer
Feinauer, A. (1). Definiëring in ’n aanleerderwoordeboek. Lexikos, 2(1). https://doi.org/10.5788/2-1-1128
Rubrique
Artikels/Articles