'n Eksegese van 'n leksikografiese metode: Die <i>WAT</i> en die probleem van ensiklopedisiteit in die verklarende linguistiese woordeboek

  • Piet Swanepoel Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria, Suid-Afrika
Trefwoorden: leksikografiese metode, verklarende woordeboek, woordeboek van die afrikaanse taal, ensiklopedie, betekenisbeskrywing, ensiklopedisiteit, referensiële betekenis, kontekstualisme, terminologie, illustrasies, voorbeelde

Samenvatting

Die <i>WAT</i> is al dikwels gekritiseer vir die ensiklopediese kenmerke daarvan. In hierdie artikel word daar 'n kritiese oorsig gegee van die metaleksikografiese uitgangspunte op grond waarvan een van die redakteurs van die <i>WAT</i>, F.J. Snijman, die sogenaamde "ensiklopediese" kenmerke in die <i>WAT</i> motiveer. Snijman toon op oortuigende wyse aan dat die probleem van die ensiklopediese in eentalig verklarende woordeboeke nie tot 'n naïewe verwarring van leksikale betekenis en saak herlei kan word nie, maar dat die "ensiklopediese" leksikografiese praktyke van eentalig verklarende woordeboeke goed gemotiveerd is, sowel teoreties as pragmaties. Daar word egter aangevoer dat Snijman nie self sy eie metaleksikografiese uitgangspunte motiveer nie en 'n aantal belangrike kwessies onbespreek laat.  
Citeerhulp
Swanepoel, P. (1). ’n Eksegese van ’n leksikografiese metode: Die <i>WAT</i&gt; en die probleem van ensiklopedisiteit in die verklarende linguistiese woordeboek. Lexikos, 5(1). https://doi.org/10.5788/5-1-1063
Sectie
Resensieartikels/Review Articles