'n Eksegese van 'n leksikografiese metode: Die <i>WAT</i> en die probleem van ensiklopedisiteit in die verklarende linguistiese woordeboek
Résumé
Die <i>WAT</i> is al dikwels gekritiseer vir die ensiklopediese kenmerke daarvan. In hierdie artikel word daar 'n kritiese oorsig gegee van die metaleksikografiese uitgangspunte op grond waarvan een van die redakteurs van die <i>WAT</i>, F.J. Snijman, die sogenaamde "ensiklopediese" kenmerke in die <i>WAT</i> motiveer. Snijman toon op oortuigende wyse aan dat die probleem van die ensiklopediese in eentalig verklarende woordeboeke nie tot 'n naïewe verwarring van leksikale betekenis en saak herlei kan word nie, maar dat die "ensiklopediese" leksikografiese praktyke van eentalig verklarende woordeboeke goed gemotiveerd is, sowel teoreties as pragmaties. Daar word egter aangevoer dat Snijman nie self sy eie metaleksikografiese uitgangspunte motiveer nie en 'n aantal belangrike kwessies onbespreek laat.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0