Ek <i>meneer</i> en jy <i>meneer</i>: hoe word <i>master</i> dan gesmeer?

  • W.F. Botha Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Stellenbosch, Suid-Afrika
Trefwoorden: beperkte sigbare bewerking, elektroniese bewerking, enkodering, insluiting, makrostruktuur, mikrostruktuur, rassistiese leksikale items, weglating

Samenvatting

Menings oor die opname van rassistiese leksikale items wissel tussen die twee uiterstes van weglating en opname met volledige behandeling. Weglating mag in die toekoms as verdoeseling of geskiedvervalsing veroordeel word en volledige behandeling as onsensitiwiteit. Die artikel vestig die aandag op 'n nuwe benadering gekenmerk deur opname met beperkte sigbare bewerking. Rassistiese leksikale items word ingesluit in die gedrukte weergawe van die woordeboek, maar met beperkte, sensitiewe bewerking. 'n Volledige elektroniese bewerking is egter op versoek aan die woordeboekgebruiker beskikbaar.  
Citeerhulp
Botha, W. (1). Ek <i>meneer</i> en jy <i>meneer</i>: hoe word <i>master</i&gt; dan gesmeer?. Lexikos, 5(1). https://doi.org/10.5788/5-1-1058
Sectie
Beskouende artikels / Contemplative Articles