Ek <i>meneer</i> en jy <i>meneer</i>: hoe word <i>master</i> dan gesmeer?
Résumé
Menings oor die opname van rassistiese leksikale items wissel tussen die twee uiterstes van weglating en opname met volledige behandeling. Weglating mag in die toekoms as verdoeseling of geskiedvervalsing veroordeel word en volledige behandeling as onsensitiwiteit. Die artikel vestig die aandag op 'n nuwe benadering gekenmerk deur opname met beperkte sigbare bewerking. Rassistiese leksikale items word ingesluit in die gedrukte weergawe van die woordeboek, maar met beperkte, sensitiewe bewerking. 'n Volledige elektroniese bewerking is egter op versoek aan die woordeboekgebruiker beskikbaar.Copyright of all material published in Lexikos will be vested in the Board of Directors of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Authors are free, however, to use their material elsewhere provided that Lexikos (AFRILEX Series) is acknowledged as the original publication source.
Creative Commons License CC BY 4.0